Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika

Territoriale uitbreiding van die Verenigde State volgens toetreding van sy deelstate (1776–1959):

   1776–1790

   1791–1799

   1800–1819

   1820–1839

   1840–1859

   1860–1879

   1880–1899

   1900–1950

   1950–1959

Die Verenigde State van Amerika is op die vasteland van Noord-Amerika geleë. Voordat Christopher Columbus in Amerika geland het, was die vasteland deur verskillende Eerste Nasies (Indiane) bewoon. Gedurende die groot ontdekkingstydperk het Spanje, Frankryk, Engeland, Nederland en Rusland kolonies op die vasteland gevestig. Uiteindelik het die VSA egter onafhanklikheid verkry. 'n Honderd jaar later het daar 'n burgeroorlog tussen die noordelike en suidelike deelstate uitgebreek. Emigrante van baie verskillende lande het deurentyd na die VSA getrek en aan die begin van die 20ste eeu was die VSA een van die wêreldmagte, wat dan ook na die Tweede Wêreldoorlog deel van die Koue Oorlog was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search